Na die witwarm Atterbury was dit Stoep toe.

Gerald Clark se nuwe CD is een wat nog groot bohaai in jou siel en heupe gaan veroorsaak. Hierdie man is so talentvol van snit nommer 1 tot 14 – dit is iets om te beleef. 

Ons het kort na sy amptelike bekendstelling van die AfroBoer & the GoldenGoose hom by die Stoep gevang om te deel in die plesier. Dit was 'n intieme aand saam met Gerald, Stephan van As en Roelof Viviers. Die drie het vir Nelspruit laat kook. 

Dit is ook altyd lekker om plaaslike maatskappye soos ClemenGold betrokke te sien by 'n plaaslike talent. 

As jy nog nie Gerald se nuutste CD gehoor het nie, koop hom hier.